Plat maag in 24 uur

Is jy bekommerd oor jou opgeblase maag? Met net ’n paar eenvoudige truuks kan jy binne so min as EEN dag daarvan ontslae raak. Volg ons wenke om VINNIG ’n plat maag te kry! Deur Carla Griscti

 

Het jy al elke moontlike dieet probeer, maar sit steeds met ’n goed bedeelde middellyn? Sekere kosse kan ’n verwoestende uitwerking op jou maag hê en ongemaklike opgeblasenheid en middagtraagheid veroorsaak. Souterige kos en kos wat winderigheid veroorsaak, is die grootste sondaars wanneer dit by opgeblasenheid en swelling kom. Maar daar is ’n paar verrassend “gesonde” groente en vrugte wat ook sleg vir jou maag kan wees.

Voordat jy begin paniekerig raak, daar is ’n paar eenvoudige truuks wat jy by jou daaglikse dieetplan kan insluit wat sal help om daardie maagvet te verloor en opgeblasenheid teen te werk.

Wat om te vermy

Bly weg van kruisdraende plante soos broccoli, blomkool en kool, asook bone, ertjie en lensies, want dit is moeilik vir jou maag om te verteer. Hulle is bekend daarvoor dat hulle winderigheid veroorsaak, wat jou maag soos ’n ballon laat opswel.

Kosse wat ryk aan vesel en proteïen is, sal oor die algemeen jou metabolisme versnel, jou help om kos vinnig te verteer en jou middellyf skraal te hou. Hou by kosse soos sitrusvrugte, bessies, hoëvesel-ontbytgrane, maer proteïene, neute, jogurt en spinasie.

Nog iets wat opgeblasenheid sal help verminder, is as jy jou koolhidraat- en soutinname dophou, en baie water drink. Daar is ’n paar kruietees wat jy kan probeer om met spysvertering te help en enige ongewenste gifstowwe uit te spoel. Gemmer-, peperment- of vinkeltee is goeie teenvoeters vir opgeblasenheid.

Ons lys kosse om te vermy of te geniet – soos om minder koolhidrate en eet en meer kruietee te drink – sal jou help om vinnig van opgeblasenheid ontslae te raak en ’n plat maag te kry.

Wat jy moet eet

Peusel aan vrugte

Sitrusvrugte, spanspek en pynappel is propvol vitamien C en vesel, asook water. As jy dit eet, sal dit jou help om van ongewenste swelling ontslae te raak.

Kook jou groente

Jy hou dalk daarvan om kortpaaie te vat wanneer dit by kosmaak kom, maar as jy jou maag plat wil hou, moet jy kos gaarmaak! Gaar groente verminder die hoeveelheid gas wat jou liggaam produseer terwyl dit kos verteer en dit help jou liggaam om taai vesels vinnig af te breek.

Eet genoeg proteïen

Maer vleis en vis soos hoender, kalkoen, beesvleis en salm help om jou metabolisme te versnel en sal ook gesonde spysvertering aanhelp.

Moenie die knoffel vergeet nie

Jy sal dalk nie enige nuwe vriende maak nie, maar knoffel het baie gesondheidsvoordele vir jou liggaam. Dis uiters voedsaam en goed vir van immuunversterking tot die bevegting van siektes en voortydige veroudering. Studies het ook getoon dat knoffel met gewigsverlies kan help, want wanneer jy dit eet, help dit jou om meer kilojoules met daaglikse aktiwiteite te verbrand, selfs al stap jy net. Jy eet jouself dus letterlik slanker met hierdie fantastiese superkos!

Ja vir jogurt

Die “goeie” bakterieë in jogurt help met gesonde bakterieë in die dermkanaal en verminder oortollige winderigheid wat geleidelik in jou spysverteringstelsel kan opbou.

Drink baie water

Dit sal help om skadelike gifstowwe en oormatige sout uit te spoel en alles in jou spysverteringskanaal glad te laat verloop.

Kry kruietee

Tyd vir ’n koppie tee? Dit kan help om jou maag te kalmeer. Probeer gemmer-, peperment- of vinkeltee – dit help almal om opgeblasenheid te verminder en is ook goed vir maagirritasies soos krampe of winderigheid.

Wat jy nié moet eet nie

Vermy verwerkte kosse

Kosse wat baie natrium bevat, veroorsaak dat die liggaam meer water terughou en kan ons opgeblase en vol laat voel. Dit is dikwels weens die hoë soutinhoud in die kos. Ons liggaam sal die sout probeer verdun om ’n gesonde balans van elektroliete te behou.

Verminder koolhidrate

Koolhidrate soos pasta, rys en brood is groot sondaars wanneer dit by opgeblasenheid kom. Sulke koolhidrate laat jou liggaam drie keer meer water stoor as kosse met ’n proteïenbasis, soos hoenderborsies of salm. As jy dus hongerig voel, is dit die beste om deur die dag hieraan te peusel, eerder as om ’n groot bak pasta te eet.

Hou jou inname van kruisdraende plante dop

Groente soos blomkool, broccoli, Brusselse spruite en blaargroente soos krulkool en jong blaargroente bevat suiker wat vir sekere mense moeilik is om te verteer en tot ’n geswelde maag kan lei. Beperk dit dus tot ’n minimum as jy van opgeblasenheid ontslae wil raak.

Skrap suikerplaasvervangers

Kunsmatige versoeters kan winderigheid in die maag veroorsaak. As jy dus van soet tee of koffie hou, gebruik liewer natuurlike heuning, agawe of bruinsuiker.

Los die gaskoeldrank

Gaskoeldrank – of selfs vonkelwater – sal oormatige opgeblasenheid in jou maag veroorsaak. Drink dus liewer gewone mineraalwater wanneer jy kan en vermy daardie kola in die middag!

Bly weg van peulplante

Bone, ertjie en lensies klink dalk supergesond en verslankend, maar peulplante is eintlik van die ergste sondaars wat ’n opgeblaasde maag kan veroorsaak. Ja, dis vullend, maar dis moeilik om te verteer (selfs erger as jy reeds met spysverteringsprobleme soos paleo- of seliaksiekte sukkel). As jy vinnig van opgeblasenheid ontslae wil raak, is dit beter om hierdie soorte kosse te vermy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *